WELKOM

Weggesteek langs reuse plataanbome, ‘n klipgooi ver van die pragtige historiese kern van Stellenbosch, is OEMF eethuis.  Met oorgenoeg parkering, kos van uitstaande gehalte en uitstekende diens, beloof OEMF om ‘n vervullende, genotvolle en rustige ervaring vir ieder en elk te wees.

Hetsy jy kom kuier vir ontbyt of middagete, ‘n sakevergadering of ‘n funksie bywoon, waarborg ons ‘n OEMF in jou wegstap.

Die eethuis het binne en buite intieme kuierhoekies.  Hier kan jy in alle weersomstandighede rustig ontspan terwyl jy smul aan die heerlikste huiskos dié kant van die boereworsgordyn.

Uitsonderlike goeie diens en ware gasvryheid wág vir jou in hierdie onvergeetlike plek

Comments are closed.